Beskerm vrye uitdrukking en maak veilige globale kommunikasie deur oopbronprivaatheid-tegnologie moontlik.
Met ons vlagskipproduk, Signal Messenger, glo ons dat om kampvegters vir gebruikersprivaatheid te wees, beteken om jou data uit alle mense se hande te hou, ook uit ons eie, eerder as om jou data “verantwoordelik” te bestuur.
As 'n toegewyde lid van die oopbrongemeenskap publiseer ons ons tegnologie en deel kennis om ander maatskappye aan te moedig om dit vir hul eie produkte en dienste aan te neem.
Signal Foundation is 'n niewinsgewende 501c3-organisasie. Ons is trots daarop om só bekend te staan, en ons is voornemens om te bewys dat 'n niewinsgewende organisasie net so goed kan innoveer en groeivermoë ontwikkel as enige onderneming wat deur 'n winsmotief gedryf word.
Signal Foundation is in 2018 gestig om Signal Messenger te ondersteun, wat in 2012 ontstaan het. Deur die Signal Foundation kon ons Signal se groei en deurlopende bedrywighede ondersteun, en ook die toekoms van private kommunikasie ondersoek.
Signal is ’n niewinsgewende organisasie sonder adverteerders of beleggers, en word slegs ondersteun deur die mense wat dit gebruik en waardeer.
Ons het Signal Foundation as die moedermaatskappy van Signal Messenger gestig omdat ons daarna streef om eendag ander privaatheidsbewaringsprojekte te bevorder wat dieselfde missie sal nastreef.
Ons maak staat op die ondersteuning van die gemeenskap om Signal Messenger as 'n gratis toepassing aan miljoene regoor die wêreld te lewer. Sal jy die saak ondersteun?
Amba Kak is 'n prokureur en tegnologiebeleidskenner, met meer as 'n dekade se transnasionale kundigheid in die advisering van regeringsreguleerders, die nywerheid asook burgerlike en filantropiese organisasies. Sy is tans die Uitvoerende Direkteur van die AI Now Institute, 'n toonaangewende beleidsnavorsingsorganisasie in New York en 'n Senior Genoot by die Cybersecurity and Privacy Institute aan die Northeastern University.
Amba het as senior adviseur by die VSA se Federale Handelskommissie gedien, waar sy die reguleerder oor opkomende tegnologiekwessies geadviseer het. Voor AI Now was Amba die Wêreldwye Beleidsadviseur by Mozilla, waar sy die organisasies se standpunte oor kwessies soos dataprivaatheidswette en netwerkneutraliteit in die Asies-Pasifiese streek en wyer ontwikkel en bevorder het. Sy dien tans in die Direksie se programkomitee by die Mozilla-stigting. Amba het haar BA LLB (Hons) aan die Nasionale Universiteit van Juridiese Wetenskappe in Indië verwerf. Sy het 'n Meestersgraad in Regte (BCL) en het 'n MSc in die Sosiale Wetenskap van die Internet aan die Universiteit van Oxford verwerf, waar sy 'n Rhodes-beurshouer was.
Brian Acton is 'n entrepreneur en rekenaarprogrammeerder wat in 2009 medestigter van die boodskaptoepassing WhatsApp was. Nadat die toepassing in 2014 aan Facebook verkoop is, het Acton besluit om die maatskappy te verlaat weens verskille oor die gebruik van kliëntedata en toegespitste advertensies, ten einde sy pogings op niewinsgewende ondernemings te fokus. In Februarie 2018 het Acton $50 miljoen van sy eie geld belê om die Signal Foundation saam met Moxie Marlinspike te begin. Signal Foundation is 'n niewinsgewende organisasie wat daaraan toegewy is om die grondliggende werk te doen om private kommunikasie toeganklik, veilig en alomteenwoordig te maak.
Voordat hy WhatsApp en Signal Foundation gestig het, het Acton meer as 25 jaar as 'n sagtewareontwikkelaar by maatskappye soos Apple, Yahoo en Adobe gewerk.
Jay is 'n produkbouer met 'n uitgebreide agtergrond in senior produk- en ingenieursleierskaprolle in verbruikerstegnologie. Sy mees onlangs pos was dié van hoofbestuurder van Twitter se verbruikers- en inkomsteprodukte, waar hy die leier was van ingenieurswerk, produkte, ontwerp, navorsing en datawetenskap. Voor Twitter was Jay by Facebook, waar hy die ontwikkeling van Reality Labs se AI Assistant gelei het, waarna hy aan die hoof gestaan het van die Privaatheid-, Integriteit- en Stelselprodukspanne vir Messenger en Instagram Direct. Jay was die Senior Visepresident van Produkte en Bedryfshoof by Mozilla, waar hy groot vrystellings van Firefox gelei het tydens sy ontwikkeling as leier en 'n entoesiastiese kampioen was vir die webplatform en om mense meer keuse en beheer aanlyn te gee.
Jay was ook 'n stigter van beginondernemings en het sy loopbaan as 'n sagteware-ingenieur en ingenieursbestuurder by Firefly Network (wat deur Microsoft gekoop is) en by Oracle begin.
Jay het 'n baccalaureusgraad in Toegepaste Wiskunde van Yale College en is die mede-uitvinder van verskeie Amerikaanse patente.
Katherine Maher is die voormalige Hoof- Uitvoerende Beampte en Uitvoerende Direkteur van die Wikimedia-stigting, verantwoordelik vir Wikipedia. Sy is tans 'n niepermanente Senior Genoot by die Atlantiese Raad, waar haar werk fokus op die kruispunt tussen tegnologie, menseregte en demokrasie. Voor Wikimedia was sy die Direkteur van Voorspraakwerk vir die digitaleregte-organisasie Access Now. Maher is 'n termynlid van die Council on Foreign Relations, 'n Jong Wêreldleier van die Wêreld-Ekonomiese Forum, en 'n sekuriteitsgenoot by die Truman National Security Project. Sy dien in die direksie van die Center for Technology and Democracy, Consumer Reports, die Digital Public Library of America, Adventure Scientists en System.com, en sy is ook 'n trustee van die American University of Beirut. Sy is 'n aangestelde lid van die VSA se Departement van Buitelandse Sake se Buitelandse Sake-beleidsraad, waar sy die Minister van Buitelandse Sake oor tegnologiebeleid adviseer. Sy het haar baccalaureusgraad in Midde-Oosterse en Islamitiese Studies in 2005 aan die New York University se College of Arts and Science verwerf, nadat sy aan die Arabic Language Institute van die American University in Kaïro, Egipte, en die Institut français d'études arabes de Damas (L'IFEAD) in Damaskus, Sirië, gestudeer het.
Meredith Whittaker is Signal se President en 'n lid van die Signal Foundation se Direksie.
Sy het meer as 17 jaar ondervinding in tegnologie, wat strek vanaf die bedryf tot die akademie en die regering. Voordat sy as President by Signal aangesluit het, was sy die Minderoo-navorsingsprofessor by NYU en het sy as die Fakulteitsdirekteur van die AI Now Institute gedien, waarvan sy die medestigter was. Haar navorsing en vakkundige werk het gehelp om wêreldwye KI-beleid te vorm en die openbare narratief oor KI te verskuif ten einde die toesighouding-sakepraktyke en konsentrasie van bedryfshulpbronne wat deur moderne KI vereis word, beter te kan herken. Voor NYU het sy vir meer as 'n dekade by Google gewerk, waar sy produk- en ingenieurspanne gelei het, Google se Open Research Group gestig het, en medestigter was van M-Lab, 'n globaal verspreide netwerkmetingsplatform wat tans die wêreld se grootste bron van oop data oor internetprestasie is. Sy het ook leiding geneem met organisering van werkers by Google. Sy was een van die kerngroep organiseerders wat weerstand gebied het teen die maatskappy se onvoldoende respons op bekommernisse oor KI en die skade daarvan, en was 'n hooforganiseerder van die uitstap-aksie by Google. Sy het die Withuis, die FCC (Federale Kommunikasiekommissie), die Stad New York, die Europese Parlement en baie ander regerings- en burgerlike organisasies oor privaatheid, sekuriteit, kunsmatige intelligensie, internetbeleid en meting geadviseer. Daarbenewens het sy onlangs 'n termyn as Senior Adviseur oor KI vir die Voorsitter van die VSA se Federale Handelskommissie voltooi.
Moxie Marlinspike is die stigter van Signal.